Soek

Genealogiese Handleiding

Die 2004-uitgawe van my Handleiding vir Genealogiese navorsing kan hier afgelaai word. Van die inligting sal verouderd wees en nuwe bronne ens. wat sedert 2004 beskikbaar geraak het, word uiteraard nog nie bespreek nie. Baie van die inligting sal egter nog van toepassing wees.

Ek is tans besig met die hersiening van die handleiding en gaan op 17 Oktober 2009 'n kursus ten bate van die GGSA in Durbanville Wes-Kaap aanbied. Ek beplan ook om volgende jaar nog kursusse in die Wes-Kaap aan te bied. Al die kursusse sal ten bate van nie-winsgewende organisasies aangebied word.  Navrae kan gerig word aan myself by  This e-mail address is being protected from spambots, you need JavaScript enabled to view it

Die handleiding bestaan tans uit 189 bladsye met 94 aanhangsels. Die volledige dokument is redelik groot, aangesien baie van die aanhangsels foto's van o.a. dokumente is. Die handleiding maak nie aanspraak op 'n volledige bespreking van al die onderwerpe nie, maar behoort veral vir beginner-navorsers van waarde te wees.

Volledige Handleiding (15 MB)

 

Belangrike Skakels

GGSADie Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) wat onder meer belangstelling en navorsing in genealogie bevorder onder lede, amateur-genealoë en almal wat belangstel in genealogie.
Lees Meer...

Argief Die databasis, NAAIRS van die Nasionale Staatsargief is waarskynlik die belangrikste webtuiste vir genealogiese navorsing in Suid-Afrika. Verwysings na meer as 7 miljoen dokumente, kaarte, foto's ens. in Suid-Afrikaanse Argiewe en ander navorsingsinstansies kan hier gevind word.

Lees Meer...