online pharmacy
online pharmacy

Soek

Vosloo-Boek

Navrae m.b.t. die gedrukte boeke, wat bykans uitverkoop is, kan gedoen word by Julia Clarke. Julia kan gekontak word by  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  'n E-boek weergawe is beskikbaar teen R275 met  R25 vir posgeld en verpakking na adresse in Suid-Afrika. Die koste van posgeld en vepakking na adresse buite Suid-Afrika sal op aanvraag verskaf word. Die boek word verkoop deur my seun Stefan se Boekmakierie-internetboekwinkel. Sien www.boekmakierie.co.za

Die boek bestaan uit twee dele. Die eerste deel bestaan uit 261 bladsye met 37 hoofstukke oor o.a. die Vosloos se Duitse verlede, Die stamvader, Die stamvader se kinders, Die Vosloos en die Groot Trek, Die Vosloos en die Tweede Anglo-Boereoorlog, Die Vosloos en die Groot Griep van 1918 ens. Daar is ook hoofstukke oor familiewapens, die Vosloos in die politiek, joernalistiek, die kunste ens.

Die tweede Deel bestaan uit 225 bladsye en bevat die geslagsregister. Daar is bykans 600 foto’s in die twee dele afgedruk waarvan 45 in kleur is.  Die boek is in hardeband en sagteband beskikbaar. Beide weergawes het 'n buiteblad van kleur.

Kliek op fototjies vir afdrukke van enkele bladsye uit die boek (vir nog 40 foto's kliek HIER)

 

sample image1     sample image1     sample image3

sample image4      sample image4    sample image4

sample image4

 

Belangrike Skakels

GGSADie Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) wat onder meer belangstelling en navorsing in genealogie bevorder onder lede, amateur-genealoë en almal wat belangstel in genealogie.
Lees Meer...

Argief Die databasis, NAAIRS van die Nasionale Staatsargief is waarskynlik die belangrikste webtuiste vir genealogiese navorsing in Suid-Afrika. Verwysings na meer as 7 miljoen dokumente, kaarte, foto's ens. in Suid-Afrikaanse Argiewe en ander navorsingsinstansies kan hier gevind word.

Lees Meer...