|
Kommersiële navorsing Ek is nie tans in staat om navorsing te kan onderneem nie. Tree gerus in verbinding met die volgende kommersiële navorser as u navorsing gedoen wil hê: Jean Blanckenberg: U kan met Jean in verbinding tree by
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Jean is Engelssprekend, maar doen al baie jare lank ook navorsing in Afrikaanse en Nederlandse dokumente in Kaapstad. Transkripsie van VOC-dokumente Helena Liebenberg: U kan met Helena in verbinding tree by
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Helena transkribeer historiese dokumente in die Kaapstadse Argief en vertaal 17e- en 18e-eeuse Nederlands in Afrikaans en Engels. Duitse vertalings Paul Grobbelaar: U kan met Paul in verbinding tree by
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Paul doen vertaalwerk uit Duits. Hy was verantwoordelik vir die vertaling van ‘n groot deel van die Duitse dokumente wat gebruik is met die skryf van die Vosloo-boek.
|
|