Dit is bekend dat Andries Stockenstrom, op 'n stadium o.a. Landdros van Graaff-Reinet en die Oosgrensboere nie altyd langs dieselfde vuur gesit het nie. In die volgende aanhaling uit sy outobiografie rig hy hom aan o.a. grensboere se groot kritici in Engeland:
"It is most unjust to charge the colonists en masse as cut-throats, and as being adverse to the amelioration of, and good understanding with the aboriginal tribes. It is the fashion to associate everything that is barbarous, brutal and cruel with the 'African-Boer'. If my object had been to gain popularity with any one set of men, then I would have adopted a more partial course than I did. But as I do not mean to cajole either friend or foe I neither hesitate to say that if a wise and efficient system had been adopted... the majority of citizens, English and Dutch, would have given it their most cordial co-operation. I never found them in the aggregate hostile to any plan which would ensure protection for themselves as well as their black neighbours ...
A thousand times have such men as Van Wyk, van der Walt, Pretorius, Oberholzer, Joubert and others (whom before some of you, it is hardly safe to call human) spoken to me with the utmost warmth and sympathy of the dangers and injustice of taking the property of the boarder tribes, the doubtful alternative to which our wavering policy occasionally drives us. I have often found more human feelings and good sense in these men and the like, than I am disposed to give some of their defamers credit"
Die Oberholzer na wie verwys word is Michiel Adriaan Oberholster. Daar verskyn 'n artikel oor hom in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, Deel 5. Daar is ook baie inligting oor hom in PJ van der Merwe se Die Noordwaartse beweging van die Boere vooe Groot Trek (1770-1842), Pretoria, 1988.
Hy was vir baie jare die veldkornet van die Winterveld-veldkornetskap in Graaff-Reinet. Hy was later ook die leier van die Trekboere wat reeds voor die Groot Trek sem-permanent in die Suid-Vrystaat gewoon het. In teenstelling met die Voortrekkers wat meer om politieke redes getrek het het die Trekboere meer oor ekonomiese redes getrek - op soek na weiveld ens. Ek stam af van Oberholster.
Die Joubert is veldkornet Gideon Daniel Joubert. Chris Venter het by die Universiteit van Stellenbosch 'n MA en Doktorsgraad oor die lewe van Joubert gedoen. Hy was ook 'n veldkornet in die Graaff-Reinet-distrik. Nadat dit bekend geword het dat Piet Retief vermoor is het die Engelse regering 'n Kommissie na Natal gaan stuur om ondersoek in te stel na die welstand van die Voortrekkers. O.a. Joubert, Oberholster en Oud-President Boshoff van die Vrystaat was lede van die Kommissie. Erasmus Smit verwys in sy dagboek na die Kommissie.
Die Van Wyk is feitlik verseker Kommandant SJ van Wyk oor wie heelwat inligting in o.a. G.D.J. Duvenhage se publikasie Van die Tarka na die Transgariep, Kaapstad 1981verskyn.
Bronne:
De Kock, W.J.: Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, Deel I, Uitgegee vir die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, Tafelberg, 1976
Duvenhage, G.D.J.: Van die Tarka na die Transgariep, Kaapstad 1981
Hutton, C.W. (red.), "The autobiography of the late Sir Andries Stockenström, Baronet.", Juta, Cape Town, 1887. Facsimile reproduction, Struik, Cape Town, 1964.
Van der Merwe, P.J.: Die Noordwaartse beweging van die Boere vooe Groot Trek (1770-1842), Pretoria, 1988